toolbar powered by Conduit
 
Parys Aksie
 
 
Daar is geen groter geskenk as om te kan gee nie.
 

 

Indien u van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, druk net op die "donate" knoppie. Enige bedrag is welkom en word gebruik om aan u 'n beter diens te verskaf.
 
 
 
 
 
 
Logo ontwerp deur Stephanie Maas
 
Verslag
 
 

Bravoland doen dit weer.
Parys.

Die pragtige Vrystaatse dorpie op die oewers van die Vaalrivier was die afgelope naweek die teiken van Bravoland se “volkshulp” program. Die Ministers van Depte Binnelandse Sake en Justisie, Walter Language en Anne-marie du Toit het namens Bravoland ‘n groot hoeveelheid kospakkies en gevriesde hoendervleis aan inwoners van Tannie Corrie se huis vir haweloses oorhandig.

“Ons is so dankbaar vir die skenkings wat Bravoland van die publiek ontvang. Daar was weereens meer as genoeg kospakkies om aan elkeen van blanke Afrikaners ‘n paar etes te voorsien” Aldus Minister Walter.

Bravoland is ‘n kuberstaat, onafhanklik en selfregerend, getaak om na die belange van die Afrikaner/Boerevolk om te sien. Mense wat bewus is van nood onder die volk word aangemoedig om dit aan te meld by die Dept Buitelandse Sake, Volkshulp kantoor. Besoek www.bravoland.co.za

Bravoland was onlangs in die nuus na ondersteuning aan die groep blankes van Wolmer, Pretoria, nadat dreigemente van uitsetting die rondte gedoen het.

-----------------------------------------------------------------------------------------

Verslag 2 deur Walter.

Ek en my vrou Lynn het Vrydag middag gou die inkopies by Makro en Hyperama gaan doen, so R2700 se blikkieskos by Makro gekoop (5 verskillende geregte x 60), en omdat Makro geen langlewe melk  in voorraad gehad het nie, moes ons dit by Hyperama gaan koop, 60 x 1 liter teen so om en by R420.

Die 5 blikkieskos geregte was:

- Chicken Breyani
- Bullie Beef
- Viennas
- Pilchards
- Spaghetti & Meatballs

Ons maak toe 60 pakkies op wat elkeen 5 blikkieskos en 1 liter melk bevat, en laai dit agter in die X-Trail, en Saterdag oggend vertrek ons toe om 8:30 na Parys.

Ons het so 9:45 in Parys aangekom, maar effens gesukkel om die plek te kry, ek stop toe by 'n haarkapper salon en vra aanwysings, die dame wat die eienares is, skakel toe haar ma om die aanwysings te kry, en beduie toe dat ons een stopstraat verder moes aanry.

Ons kry die plek toe maklik, en daar gekom stop ons by 'n klein tuinhekkie wat na die eiendom lei, en wag toe vir Sakkie en Knoppies, wat toe seker so 5 minute later daar opdaag.

Ons besluit toe dat die maklikste sal wees as die mense maar in 'n tou staan, en dan gee ons sommer vir hulle die pakkies so uit die X-Trail se bagasiebak uit, soos julle seker in die foto's kan sien.

Ek het die eerste paar pakkies uitgegee, en Knoppies het toe oorgeneem en die res uitgegee. Mens kon sien die mense was BITTER dankbaar, en almal het natuurlik ook baie dankie gesê soos hulle hul pakkies in ontvangs geneem het. Party van die mense is duidelik bietjie sieklik en sukkel om te loop, en mens kon sien dat hulle amper bang was dat hulle dalk te laat sou wees om 'n pakkie te kry, maar ons het gelukkig vir almal 'n pakkie gehad.

Sakkie het ook 'n klomp gevriesde hoenders gehad, ek is nie seker hoeveel nie (20?), en het dit ook uitgedeel. Veral een ou het na die tyd weer kom dankie sê, hy het iets gesê in die lyn van hy het die oggend gewonder waar sy volgende maaltyd vandaan gaan kom, en kyk nou hoe werk die Here, hier het hy nou sommer baie kos!

Ek wil maar net aan al die skenkers en bydraers baie dankie sê, veral natuurlik vir die hoofskenker wat R3000 bygedra het, ons as Bravoland het verseker 'n verskil in hierdie mense se lewens gemaak, al is dit nou dat hulle dan maar net die versekering gekry het dat hulle darem vir die volgende paar dae kos het om te eet